Poems by Judith

a collection of my poetry

VRA NIKS NIE, NET DIT

 

VRA NIKS NIE, NET DIT

Februarie 8, 2008

 

 

Nou het ons ook ‘n huis

Met ‘n vriendelike rookie wat buite luit ons kaggel trek

Die geur van lekker kos jaag rond en ons praat

Maklik uit die vuis

 

Klein donkerkopmeisietjie

Kuilties

Rooi valletjierok

Wat die burte se lui ka tom die hoek terg

Of probeer trek aan sy

Tikkende stert

 

Ons behoort ook aan ‘n gemeente en Kerk

Waar ons Lof bring aan die Grootste God

Wat daagliks beskik

Oor ons wee, ons lot,

En ons volle bors Halleluja saam met die groothoed tannies sing

 

Die gewone skool bazaar en

Die Kerk se Kermis wat lekker

Koek en toffies verkoop tot jy sien elke kind is naar

Pienkj, soet vlos aan lang stroop stoke

En Tannie met groot boude

Wat die kinders laat gigel,

Want dit lyk of twee honde in

‘n bruin sak wikkel

 

Ou bierpens ooms

Wat skaamteloos met mekaar vergelyk

Wie kon op sy tyd

Die vinnigste hol

En suutjies fluister

Watter een van hulle

Kry die aandag van die dorp se snol

 

Al wat lekkerder is as so helder-dag-droom

Agter ‘n donkerbril

Is die Sondagmiddag eet aan die koel waatlemoen,

So stukkie van sy kroon

Nie eens die taai smeer van die skil

Deur jou gesig kan jou ontstig nie

Niks nie.  Niks nie.  Net dit.     Elzabe.  Bibby

 

Personal Touch

Februarie 8, 2008