Poems by Judith

a collection of my poetry

MODIMO - Afrikaans

January 19, 2008
6.24 am (Allnighter)
 
GEBED/Prayer
 
O, Modimo ek voel hoe die
Groot stilte
In my siel kom sit het
En sy swart sambreel
oor my gesig kom vou het
 
Groot Vader aan wie ek behoort,
Ek het al vir lewenslank ‘n nood,
‘n vrees.
 
Ek vra nie dat U, Here God,
Die swaarte uit my binneste vee nie
Want ek weet nou elkeen het ‘n lot en hierdie lot
Is myne.
 
 
Maar ek wil een wees met
Die swart gemors
Sodat ek die swarigheid verstaan
En die swaarte my op sy eie tyd laat gaan .
 
Bibby

 

Personal Touch

insert content here