LEWENSLES GREPE IN AFRIKAANS
Ek dink dat mens moet weet
Dat dit dom is om jouself
Met die onmoontlike te meet
En nog dommer om die ou gevoelens
Van jou verlore liefdes te vergeet
Jy het die skamel onskatbare kennis
Van hierdie twee dinge
Nodig
Voor jy die Coliseum van hierdie lewe in jou
Gladiator uniform binnestorm
Met ‘n strydkreet op jou lippe
Want sien, binne wag leeus
Wat mense graag eet
En selfs die bloedhonger hordes wat sit as
gehoor
Het gekom om jou te gooi met klippe
As jy meet, meet reg
Sodat jy weet wie jy is
En vertroos jouself met fyn gevoelens
Want as jy die liefdewat verlore is
Se laste kon dra,
En sy pyn oorleef,
Dan
My suster my swaer my
Boet my ma
As jy nou eendag regtig lus is
Bibby
Januarie 27, 2008
6.27am
---oOo---
Januarie 27, 2008 6.27am