JY IS…
die kanarie in my myn
(menende my land is…my familie is…)
7
Februarie 2008
[hierdie het begin as ‘n skrywe
eintlik vir my 3 broers,
elkeen
het sy eie karakter en eienskappe wat hulle meestal wegsteek en druk
dit anders aan my uit onder omstandighede wanneer niemand anders
daar is {vir kritiek nie};
“…wat
jou arms stilweg om my skouers gooi want jy weet ek is in pyn
…wat
my waarsku en sentreer, my lewe red, my budgie in die myn
…die skerp lig van die toring wat my skip met bolseile veilig van die rowwe see insein”
ek weet
nie of hulleself
die sy spoor vir
my weghol trein
die slaprandhoed
vir my Safari
die donkerbril vir
Kyalami
die gemaklike boek
wat lekker lees in
die son
op die strand;
daai lekker wind
wat in my boot se seile bol
die diep
vriendskap sonder ou strydbyle
die oudword sonder
pyne
die ware grap
sonder venyn
die mooi rooi kar
met lae myle
jy is, sowaar,
die budgie (kanarie) in my myn
die totsien waar
niemand trane huil
die land met
koring, geel en geil,
die weersiens wat
……….
die ligtoring se
helder lig wat
my boot
veilig insein
die perd wat jy
die mielies wat na
‘n oes……..
‘n gladde, oop pad wat ek
die handdruk of
omhelsing van iemand
wat dit opreg
bedoel
van al my
albasters my mooi groen ghoen
die weerligstraal
wat niks gaan tref
maar groot en
skoon oor God se lugruim speel
wanneer Hy kom in
die laat dag om Sy wolke te streel
twee ou mense,
styf teen mekaar, onder ‘n sambreel
‘n halstarrige kat
wat le en spin op jou kussing-fluweel
‘n vars melktert
Sondagmiddag op die spensrak
Biltong wat jy
ruik reg deur die streepsak
Die klank wanneer
jy die naweek se eerste bier knak
Die rok wat meer
was as net een seison se gier
Die warmte wat jy
voel om Kersfees die huis te versier
Die glimlag wat
jou aangryp
Die moed wat jou
aandryf
Die huwelik van
vyftig jaar
‘n klein koddige
eendjie wat inkuip by sy ma
die man van sestig
wat respek het vir sy pa
jou tjommie se
stem op die foon toe die ware liefde hom vind/inhaal
die onaardse
emosie met die geboorte van jou eerste kind
jou broers se
vrouens watjou liefhet soos bloed
jou swaer wat jou
vertroostend omhels
laasjaar se jas
wat lyk soos ‘n pels
‘n wereld met
vrede
geen diere
treurig, honger, troosteloos in ‘n donker hok
‘n bekende liedjie
se treurige refrein
die rooi roos wat
onverwags groei in jou tuin…
jou pa wat
vreeslik mooi sing
in die koor
die mandjie vol
pasgebore katjies
agter die stoor
jou span wat wen
‘
toe jy dink hulle het reeds verloor
daai ou ou liedjie
wat jou
vir ewig bekoor
die kous aan die
wasgoeddraad wat saamhang met sy maat
die dag as jy
uitvind jy moet weeg wat jy weeg
‘n straat met ‘n
lekker naam soos “Swarte Hand Steeg”
die gevoel toe die
droogte sy greep los
en die reen begin
val
die
man wat jy liefhet wat se
‘kom hier my lam’
die sieklike klein
katjie wat jy destyds gered het,
trek weer
met jou saam na agtien jaar
elzabe
7 Februarie 2008